Vanjaar kan een gelukkige klant ook ’n reis vir vier mense na Disneyland Paris wen.

Die pretpark, wat voorheen as Euro Disney bekend was, vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar. Die hekke het die eerste keer op 12 April 1992 oopgemaak. Altesaam 13,4 miljoen mense het die park verlede jaar besoek.

Ook 10,000 dubbelfliekkaartjies is op die spel. 

Hoe om in te skryf

Om jou naam in die hoed te kry, koop enige drie deelnemende produkte. Jy sal ’n aparte strokie ontvang met inskryfaanwysings. Volg die aanwysings en wen dalk een van hierdie wonderlike pryse. 

En terwyl jy besig is, moenie vergeet om jou #HuisgenootMini met ons te deel wanneer jy hom kry nie!