As jy wil inskryf om een van tien dubbelkaartjies te wen, moet jy net ‘n eenvoudige vraag beantwoord. Gaan na die onderkant van dié bladsy om te sien wat dit is en om in te skryf.

Intussen kan jy solank ’n merkie in jou dagboek maak vir 14 Julie en beplan om saam met vier merkwaardige kunstenaars te kom vier in die liefde vir fantastiese musiek. Die vertoning begin om 20:00 by die Grand Arena in Grand West, Kaapstad en word in samewerking met Bok Radio aangebied.

Een van Suid-Afrika se mees innoverende groepe, Die Heuwels Fantasties, span kragte saam met die legendariese Laurika Rauch, die supertalentvolle Loki Rothman en Jo Black, die “Afrikaanse hipster” wie se debuutvideo in 2016 teen ’n verbysterende spoed versprei het. 

Die Heuwels Fantasties is een van die plaaslike musiekjuwele wat die hart en partytjiegees van jonk en oud landwyd laat vlam vat. Pierre Greeff sê: “Ons wou nog altyd graag saam met Laurika optree. Ons sien uit na lekker saamsing op die aand. Sien julle daar!” 

Die Heuwel Fantasties.

Boonop is daar goeie nuus vir aanhangers wat die Arena-vertoning gaan bywoon: Begin Mei is die groep se vyfde album, “OKAY!”, uitgereik, en hulle sal dié aand van hierdie liedjies sing.

Laurika is sedert die uitreiking van haar debuutalbum in 1979 een van die land se mees ikoniese vroulike kunstenaars. Haar treffer Kinders van die Wind is amper 40 jaar later steeds net so gewild. Liedjies wat gehoor kan word op haar nuutste album, Reis (September 2016), sluit in ’n roerende weergawe van Loki en André Swiegers se Blou, asook ’n pragtige opname van Die Heuwels Fantasties se Klein Tambotieboom.

Laurika is sedert die uitreiking van haar debuutalbum in 1979 een van die land se mees ikoniese vroulike kunstenaars.

Jo het amper oornag ’n fenomeen geword met sy Be That Guy-veldtog. Sy musiekloopbaan het ook ’n groot hupstoot gekry nadat die video van sy liedjie Skepe ’n internetsensasie geword het. Dit liedjie het tans al meer as ’n miljoen klikke op YouTube.

Jo het amper oornag ’n fenomeen geword met sy Be That Guy-veldtog.

Loki is bekend daarvoor dat hy die meeste genres reeds op kitaar bemeester het. Sy meesleurende stem en oorspronklike lirieke verf asemrowende landskappe. Voeg die merkwaardige talent van hierdie veelsydige kitaarvirtuoos by die reeds indrukwekkende program, en die aand beloof om ’n baie spesiale ervaring te wees.

Loki is bekend daarvoor dat hy die meeste genres reeds op kitaar bemeester het.

Volg die geleentheid se Facebook-blad.

’n Kaartjie kos R160 (agter) en R220 (voor) en is te koop by Computicket.

Wen! 
Huisgenoot gee tien dubbelkaartjies weg na Liefde by die Arena. Om in te skryf, stuur ’n SMS na 35407 (SMS kos R1,50) met die antwoord op die kompetisievraag gevolg deur jou naam, van en kontakbesonderhede. Die kaartjies sluit nie vervoer in na die vertoning nie. 

Kompetisievraag: Wat is die naam van die konsert waarvoor jy een van tien dubbelkaartjies kan wen? 

Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes:

Die kompetisie is oop van 27 Junie 2017 tot Sondag 9 Julie om middernag.

Elke SMS kos R1,50.

Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie.

Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik.

Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.

In die geval van ’n kompetisie met meer as een prys en meer as een trekking, mag jy net een keer per kompetisie wen.

Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.

Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel.

As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die gegewe adres afhaal nie.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.