Jy en jou gesin kan kaartjies wen na Disney on Ice en jou kinders kan dalk in die vertoning wees!

Dory in Disney on Ice. Foto: Disney

Daar is drie stelle gesinskaartjies op die spel na die Wonderful World of Disney On Ice met ’n “rit op ’n towertapyt”-ervaring op die ys as deel van die vertoning vir twee kinders (tussen 4 en 10 jaar oud).

Sneeuwitjie in Disney on Ice. Foto: Disney

Die ervaring sluit ’n opwindende rit op ys in waartydens deelnemers saam met die karakters in die Prins Ali toneel van die vertoning verskyn.

Aladdin in Disney on Ice. Foto: Disney


Die pryswenner in elke stad sal ’n stel gesinkaartjies (vir 2 volwassenes en 2 kinders) wen, asook die unieke, een-keer-in-’n-leeftyd-towertapytrit en twee Disney Blu-Ray-skywe.

Raponsie in Disney on Ice. Foto: Disney


Johannesburg: Donderdag 6 Julie 2017 om 11:00 in die Ticketpro Dome

Durban: Donderdag 13 Julie 2017 om 14:00 in die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum

Kaapstad: Saterdag 22 Julie 2017 om 18:00 in die GrandWest-arena

TROOSPRYSE

Een gelukkige leser in elke stad kan ’n stel gesinskaartjies (2 volwassenes en 2 kinders OF 1 volwassene en 3 kinders) en ’n Disney Blu-Ray-skyf ter waarde van R3 300 wen.

Johannesburg: Vrydag 30 Junie om 18:00 in die Ticketpro Dome

Durban: Donderdag 13 Julie 2017 om 14:00 in die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum

Kaapstad: Woensdag 19 Julie 2017 om 18:00 in die GrandWest-arena

Sneeuwitjie se dwergies in Disney on Ice. Foto: Disney

HOE OM IN TE SKRYF

Beantwoord die kompetisievraag hieronder OF SMS jou antwoord op die onderstaande vraag na 35407 teen middernag op 21 Junie 2017.

KOMPETISIEREËLS

  • Die kompetisie is oop van 7 Junie 2017 tot 21 Junie 2017 om middernag. 
  • Elke SMS kos R1,50. 
  • Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. 
  • Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om die selfoon te gebruik. 
  • Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. 
  • Personeel van Media24 en die borge (Disney SA, ShowTime Management, Feld Entertainment Inc.) en die borg se agente, sowel as hul families, mag nie inskryf nie. 
  • Jy moet vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys. 
  • Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. 
  • Wenners sal telefonies in kennis gestel word. 
  • Ons sal drie keer binne kantoorure probeer om elke wenner te kontak. 
  • As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. 
  • Media24 en die borge van die prys en hul agente aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie. 
  • Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.
  • Die borg is verantwoordelik daarvoor om die prys te verskaf. 
  • As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking. 
  • Kaartjies is slegs geldig vir die spesifieke datum en vertoning en mag nie opgradeer of vir kontant of ’n ander vertoning verruil word nie. 
  • Elke pryswenner se prys bestaan uit vier kaartjies vir die vertoning. 
  • Let asseblief daarop dat elke persoon, ongeag hul ouderdom, om veiligheidsredes ’n kaartjie moet hê. 
  • Kaartjies sal 1 uur voor die vertoning verkrygbaar wees om by die venue se loket of Computicket afgehaal te word. 
  • Laatkommers en mense wat nie opdaag nie sal nie aan die rit kan deelneem nie en sal nie vergoed word nie. 
  • Deur in te skryf, aanvaar die deelnemer die bepalings en voorwaardes. 
  • Die “towertapytrit” is slegs geldig vir kinders tussen 4 en 10 jaar oud op die datum aangedui vir hierdie kompetisie. 
  • Ouers/voogde van die pryswennerkinders wat deelneem aan die rit, moet ’n vrywaringsvorm teken wat minstens 15 minute voor die vertoning afgehaal moet word. 
  • As die vorm nie onderteken is nie, sal die kinders nie aan die rit mag deelneem nie. 
  • Foto- en videografie word nie tydens die rit toegelaat nie. 
  • Kos en drinkgoed word ook nie op die rit toegelaat nie.