Iets vir almal is op die program, onder meer ’n uittreksel uit The Phantom of the Opera, Elvis Presley se klassieke An American Trilogy, Pie Jesu en Queen se klassieke The Show Must Go On.

Die kindersangeres Amira en Touch of Class sal die verhoog deel met Corlea Botha en Jannie Moolman. Ander sterre wat vir opwinding sal sorg is die sanger Joseph Clark, bekend vir sy uitmuntende vertolkings van Freddie Mercury (Queen at the Opera); Tarryn Lamb (van die sanggroep BlackByrd) en die superduo Coleske sal vir die eerste keer in jare weer op die verhoog wees. Hulle was in die 1990’s bekend vir treffers soos My Only en Take Me Where the Sun is Shining. Die hoogtepunt, en ’n eerste vir Pretoria-gehore, is die Joburg Ballet Company se item op die program.

Bespreek jou kaartjies vir die asemrowende geleentheid vandag nog. Met vele groot treffers uit die verlede, ’n wêreldklas simfonieorkes en van die beste plaaslike en internasionale stemme sal Classics is Groot jou op die punt van jou stoel hou. Kaartjies kos van R350 tot R625 en is beskikbaar by www.ticketpro.co.za

WEN!

Vyf gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen na die vertoning op 23 Junie om 19:30 in die Moreleta-ouditorium.

Hoe om in te skryf

Beantwoord die kompetisievraag en vul die onderstaande vorm in teen middernag op 18 Junie 2017 om in aanmerking te kom vir een van die pryse.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

  • Die kompetisie is oop van 8 Junie 2017 tot middernag op 18 Junie 2017.
  • Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.
  • Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul families, mag nie inskryf nie.
  • Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys.
  • Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking en telefonies in kennis gestel word.
  • Ons sal drie keer probeer om ’n wenner te kontak, binne kantoorure.
  • As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.
  • Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie.
  • Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander vertoning nie.
  • Die prys sluit nie vervoer na die vertoning in nie.
  • As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.
  • Die kaartjies sal ’n uur voor die vertoning by die venue se loket beskikbaar wees.