Innibos, oftewel die Laeveld Nasionale Kunstefees, vind weer van Woensdag 5 Julie tot Saterdag 8 Julie 2017 in Nelspruit/Mbombela plaas. Die program is oudergewoonte propvol musiek, teaterproduksies, uitstallings en algemene vierings en die Huisgenoot Afskopkonsert op Woensdag 5 Julie sorg weer vir puik Afrikaanse vermaak. Feesgangers kan uitsien na optredes deur Joshua na die Reën, Andriëtte, Jay, Pieter Koen, Bobby van Jaarsveld en Bok van Blerk. 

Kinders kan ’n hele storiedorp verken en van storietent na storietent beweeg om na verskillende voorleesstories te luister. Foto: Verskaf

Vanjaar is daar ’n crawl of toer vir ieder en elk: die gewilde Kos-crawl, ’n Township-crawl, ’n ClemenGold Boerdery-toer en die splinternuwe Kinder Boeke-krol, waar kinders ’n hele storiedorp kan verken en van storietent na storietent beweeg om na verskillende voorleesstories te luister. 

Gaan na innibos.co.za om die hele program te sien, verblyf te bespreek en jou toegangs- en produksiekaartjies te bespreek.

WEN
Drie gelukkige lesers kan elk ’n kaartjiepakket wen en gaan deel in die pret. Twee pakkette ter waarde van R750 elk sluit die volgende kaartjies in vir Woensdag 5 Julie: 2 x feesterreintoegangskaartjies vir Woensdag; 2 x gouesirkelkaartjies vir die Huisgenoot Afskopkonsert en ’n parkeerpermit vir die terrein.
Die ander pakket, ter waarde van R1 000, bestaan uit 2 x feesterreintoegangskaartjies vir die hele fees. 

SKRYF SO IN
Vul die onderstaande vorm in en beantwoord die kompetisievraag teen middernag op 29 Junie 2017.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: 

Die kompetisie duur van 20 Junie 2017 tot 29 Junie 2017 om middernag.

Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.

Personeel van Media24 en die borge van Innibos, sowel as hul familie, mag nie inskryf nie.

Jy moet vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking en telefonies in kennis gestel word.

Ons sal drie keer tydens besigheidsure probeer om ’n wenner te kontak.

As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander dag verruil word nie.

Die prys sluit nie vervoer na die fees in nie.

As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons jy gee Media24 toestemming om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.

Die kaartjies sal ’n uur voor die vertoning by die venue se loket beskikbaar wees.