Op Sondag 6 Augustus 2017 word Suid-Afrikaanse musiek by Johannesburg se asemrowende Emmarentiadam gevier met Liefde by die Dam. Hierdie voldaggesinsgebeurtenis verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme. Liefde by Die Dam, genoem na Valiant Swart se bekende treffer, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.

Sluit aan by revolusionêre groep Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul unieke musiek en energieke optredes. Saam met Die Heuwels op die verhoog is die ikoniese hoofsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rock groepe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke.

Die Heuwelsfantasties. Foto: Verskaf

Terwyl jy luilekker onder die digte bome by Emmarentia lê, sal die geliefde stem van Laurika Rauch jou bekoor, gevolg deur Riana Nel. Die Sama-benoemde gehoorgunsteling Majozi keer terug met sy aardskuddende elektro-Indië-rock.

Geniet die betowerende klanke van Tresor en om die vermaaklike dag af te rond, is daar ook die nuweling Jo Black, wie se album vroeër vanjaar uitgereik is en reeds goue status bereik het, asook die kitaar-virtuoos Loki Rothman.

Loki Rothman. Foto: Verskaf

Daar sal ook ’n heerlike reeks van Suid-Afrika se beste kosstalletjies wees of jy kan jou eie piekniekmandjie bring. Onthou jou komberse en kussings. (Konsertgangers is in 2016 aangemoedig om hul piekniekkomberse te skenk aan welsynsorganisasies.

Die inisiatief was ’n wegholsukses met honderde komberse wat ingesamel en geskenk is. Vanjaar moedig LIEFDE BY DIE DAM weer die gehoor aan om hul komberse saam te bring, agter te laat of by die ingang in te gee vir die goeie doel.

Die pret begin om 10 uur die oggend en hou aan tot sesuur die aand. Kaartjies kos R165 as jy aanlyn koop by Computicket of R200 by die hek. O.12’s kan saam partytjie hou vir R75.

Konsertgangers is in 2016 aangemoedig om hulle piekniekkomberse te skenk aan welsynsorganisasies. Die inisiatief was ‘n wegholsukses met honderde komberse wat ingesamel en geskenk is. Hierdie jaar moedig LIEFDE BY DIE DAM weer bywoners aan om hul komberse saam te bring, agter te laat of by die ingang in te gee vir die goeie doel.

Volg #LiefdeByDieDam op Instagram, Facebook, Twitter en besoek Liefde by die Dam se webtuiste.

WEN!

Twintig lesers kan elk dubbelkaartjies wen na Liefde by die Dam 2017. Elke dubbelkaartjie is R330 werd.

Hoe om in te skryf
Vul die onderstaande vorm in en beantwoord die kompetisievraag korrek om in aanmerking te kom om een van die pryse te wen.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: 

Die kompetisie is oop van 5 Julie 2017 tot 19 Julie 2017 om middernag.

Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.

Personeellede van Media24 en die borge van Innibos, sowel as hul families, mag nie inskryf nie.

Jy moet vraag korrek antwoord om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal drie keer probeer om ’n wenner te kontak, binne kantoorure.

As hy of sy nie bereik kan word met een van die drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander dag nie.

Die prys sluit nie vervoer na die fees in nie.

As jy inskryf vir die kompetisie, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.

Die kaartjies sal ’n uur voor die vertoning by die venue se loket beskikbaar wees.