Bepalings en voorwaardes

  • Die prys is nie omruilbaar vir kontant of oordraagbaar nie. Dit sal ook nie uitgebrei word om meer as die wenner en sy/haar metgesel te akkommodeer nie.
  • Die prys is onderworpe aan die beskikbaarheid van vliegtuigsitplekke en verblyf. 
  • Die prys is geldig vir 2018, maar mag nie tydens Suid-Afrikaanse skoolvakansies geneem word nie.
  • Verblyf is gegrond op twee volwassenes wat een kamer deel.
  • Die aangewese lugredery berus alleenlik by Perfect Destinations.
  • Die wenner sal binne 14 dae ná die sluitingsdatum van die kompetisie in kennis gestel word. Indien die promotor nie die wenner in daardie tydperk kan bereik nie of as die wenner nie die prys kan aanvaar nie, behou die promotor die reg voor om ’n alternatiewe wenner aan te wys.
  • Dit sal ooreenkomstig die bepalings en voorwaardes van die kompetisie geskied.

Uitgesluit by die prys* 

  • Vervoer van en na die pryswenner se tuiste na en van OR Tambo-lughawe.
  • Reisversekering.
  • Kos en drank bo en behalwe wat by die prys ingesluit is.
  • Persoonlike of toevallige uitgawes, benewens wat aangedui word as deel van die prys.
  • Dit is die pryswenner se verantwoordelikheid om seker te maak dat hy/sy en metgesel ’n geldige paspoort en reisversekering het, asook enige inentings en visums bekom soos nodig vir die reis.
  • Die wenner moet minstens 18 jaar oud wees.

*Standaard-besprekingsvoorwaardes en bepalings geld bo en behalwe dit wat hierbo uiteengesit is.

Ingesluit by die prys

Etes: Ontbyt, middag- en aandete, versnaperings in die skemerkelkiekroeg, tee, koffie, koek.

Drankies, mengeldrankies en koeldrank (per glas bedien): Whiskey, brandewyn, jenewer, wodka, rum, “draught”-bier, rooi- of withuiswyn tydens middagete en aandete, koeldrank, gaskoeldrank en sodawater, mineraalwater en strope (“cordials”) 
Dienste en geriewe: Tafeltennis, strandbal, strandsokker en vermaak.

Die Adaaran Select Hudhuranfushi-oord bied ook die voordeel ’n rif van asemrowende duik- en snorkelervarings. Dit word as een van die beste strandvakansie-oorde in die Maledive beskou.