Dié toonaangewende nuwe model bring jou nader aan volledige slimhuisfunksionaliteit. Die innoverende vyfdeur-vries-yskas het onder meer ’n gevorderde deur-in-deur-ontwerp (Door-in-Door™) vir uiterste gerief en om kos slimmer te stoor. Die nuwe raakskerm slaan enige probleme vinnig hok met die Smart Diagnosis-funksie – ’n eksklusiewe tegnologie wat jy nêrens anders sal kry nie. Die 600 L-kapasiteit sal nie meer plek in jou kombuis in beslag neem nie, danksy LG se unieke plekspaarraam en dun isolasietegnologie.

WEN!
LG gee een gelukkige leser die kans om elk ’n P-Veyron vries-yskas ter waarde van R24 999 te wen.

Hoe om in te skryf
Teken in vir ons weeklikse kosnuusbrief. Klik hier om in aanmerking te kom vir die kompetisie en as jy reeds ingeteken is op ons kosnuusbrief kom jy ook vir die groot prys in aanmerking. Jy sal dan elke Vrydag ‘n nuttige lys heerlike, moeitelose weeksdagetes met inkopielyste kry – gerieflik in jou inboks. Só kan jy kook én koop direk van jou slimfoon. 

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Die kompetisie is oop tot 13 Julie 2017 om middernag.

Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.

Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en twee weke gee om daarop te reageer.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke).

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n  wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie.

Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.