Jy kan ’n Samsung-produk wen plus ’n unieke ervaring met ’n Samsung-ambassadeur: Bobby van Jaarsveld, Jo-Ann Strauss, Maps Maponyane, Cameron van der Burgh of Reuben Riffel.

Een van die maniere waarop jy kan inskryf, is om ’n foto te laai wat wys hoe Samsung jou laat #DoWhatYouCan’t. Gebruik ons handige wenke – dalk help dit jou om ’n wenfoto te neem!

  1. Staan in die lig. As daar skaduwee op jou gesig val, sal nie eens jou ma weet dis jy wat langs Adele staan nie. 
  2. Kyk op. Hou jou kamera hoog, tensy jy voel jy het hard gewerk aan jou dubbelken en jy wil graag daarmee spog.
  3. Gebruik bykomstighede. ’n Sonbril, pet of serp kan vergoed vir die feit dat jy miskien nie jou ma se mooiste kind is nie.
  4. Filter dit. ’n Filter met sagte, goue lig sal jou so pragtig soos 10 jaar gelede laat lyk.
  5. Kies jou agtergrond. Wil jy regtig die bejaarde man in sy deurtrekker op jou Seychelle-selfie verewig?
  6. Voete. Sit langbeen en neem jou voete af met die Thaise tempel op die agtergrond. (Veral op dae dat jou gesig nie in die openbaar behoort te verskyn nie.)
    Nou kan jy ook #DoWhatYouCan’t.

Het jy nog hulp nodig met selfies?

Met die Samsung Galaxy S8-slimfoon kan jy hoërgraad-selfies neem, selfs al is die lig sleg.

Die 8 MP voorste kamera met sy 12 MP Dual Pixel Sensor stel jou in staat om puik foto’s ook in die aand te neem of wanneer die lug grys is.

En dis ook die einde van vriende wat agter op die foto’s staan wat heeltemal uit fokus is: Die Smart Auto Focus soek gesigte uit sodat elkeen in fokus is. Die Multi-frame Image Processing-funksie laat lyk al jou selfies helder en skerp.

Wen 

Wil jy  graag ’n dag in die skoene van ’n Samsung-ambassadeur loop? Kies ’n unieke ervaring met Bobby, Maps, Jo-Ann, Cameron of Reuben.

Elke ervaring sluit ook ’n Samsung-produk in wat jy mag huis toe neem! Gaan na Samsung.huisgenoot.com om in te skryf. Bepalings en voorwaardes geld.