Sedert die bekendstelling van Eau Thermale Avène in Suid-Afrika het hul produkte duisende Suid Afrikaners gehelp om hul sensitiewe vel te versorg – met alles van alledaagse velsorgroetines tot spesifieke produkte vir ernstiger velprobleme.

Dié handelsmerk het ook verskeie pasiënte die geleentheid gegee om te reis na die dorp Avène in die suide van Frankryk (die bron van die Avène-warmbronwater) in die hoop om verligting vir hul velkwale te vind. Die resultate was uitsonderlik, en al die pasiënte se veltoestand het merkbare verbetering getoon. Ook hul en hul gesin se lewensgehalte het aansienlik verbeter danksy die voortdurende gebruik van Avèneprodukte.

In Oktober verlede jaar het Eau Thermale Avène vir Rachèlle Pretorius, ’n 20-jarige student aan die Universiteit van Potchefstroom, na die Avène-hidroterapiesentrum gestuur. Sy ly al haar hele lewe lank aan ernstige ekseem. Haar gesin het al byna moed verloor dat enigiets haar ooit sou help.

Rachèlle sê: “My lyf was oortrek met ekseem. Ek kon nie slaap of saam met vriende uitgaan nie en was te skaam om klas toe te gaan. Op skool kon ek nooit die mooi klere dra wat my vriendinne gedra het nie, want die vel op my arms, bene en nek was altyd rooi, jeukerig en stukkend. Ek kon nie eens grimering of parfuum dra nie. En die medikasie wat ek daagliks gebruik het, het my glad nie lekker laat voel nie.” 

Sy was drie weke by die sentrum en het verskeie terapieë met die Avène-warmbronwater ondergaan. Die water is bekend daarvoor dat dit irritasie streel en kalmeer. Die terapie het baddens, storte, sproeimiddels, kopvelbehandelings (storte en masserings), onderwatermassering en kompresse ingesluit.

Rachèlle het ook werksessies bygewoon om haar veltoestand beter te verstaan en te leer hoe om dit in haar alledaagse lewe beter te bestuur. “Ek was verstom oor hoe goed my vel kan lyk toe ek in Avène was,” sê Rachèlle.

“Ek het so goed gevoel, soos ’n nuwe mens. Die ekseemsimptome het omtrent heeltemal verdwyn, en ek wil nie meer heeltyd krap nie. Sedert ek terug is, is ek sommer optimisties oor die lewe en my vel is glad, sag en vogtig. Ek kan regtig sê Avène het my lewe verander.”

Kyk hier na Rachèlle se storie: 

Rachèlle gebruik Eau Thermale Avène-produkte by die huis om haar vel gesond te hou. 

Rachèlle gebruik:

  • S Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Cleansing Oil, ’n sagte daaglikse reiniger wat geskik is vir babas, kinders en volwassenes (R249,95).
  • S Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm, ’n gepatenteerde 100-persent-steriele voedende salf wat geformuleer is om die vel se beskermingslaag aan te vul en gejeuk te verminder (R289,95).
  • S Avène Tolérance Extrême Cream, ’n gepatenteerde, 100 persent steriele
    daaglikse gesigsreiniger wat geskik is vir ’n weerstandsgebrekkige vel (R299,95).
  • S Avène Thermal Spring Water Spray, om die vel te streel (R149,95).

Eau Thermale Avène-produkte is beskikbaar by Clicks en Dis-Chem. Vir nog inligting, gaan na avene.co.za of e-pos infosa@pierre-fabre.com.

FINEPRINT: 

QUINTILESIMS – PHARMATREND INTERNATIONAL – DERMOKOSMETIESE MARK IN APTEEKWESE IN EUROPA (FRANKRYK, DUITSLAND, ITALIË, SPANJE, BELGIË, OOSTENRYK, PORTUGAL EN SWITSERLAND) – JAAR 2016 – IN VOLUME PFZA17/07007.

Wen! 

Twee gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R750 van Avène wen. Die geskenkpak sluit die XeraCalm A.D reeks, Cicalfate en Avène Thermal Spring Water in, wat help met die verligting van droog tot baie droë, geirriteerde vel. Dit is geskik vir babas, kinders en volwassenes. Om in te skryf, vul die vorm hier onder in. 

Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes:

Die kompetisie is oop van 27 Julie 2017 tot (datum hier).

Jy mag ’n maksimum van drie keer inskryf.

Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.

Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel.

As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke).

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.