Nougat-kraaklekkers

Bestanddele 

Smeersel vir die bakplaat (amandelolie of enige olie wat ’n neutrale smaak het)
1 koppie heuning
1 koppie suiker
½ koppie room
¾ koppie gekapte geroosterde amandels
¾ koppie heel geroosterde amandels
110 g Macadamia Sally Williams Nougat

Metode

  1. Smeer ’n bakplaat met amandelolie of enige olie wat ’n neutrale smaak het.
  2. Gooi die heuning, suiker en room in ’n swaar bodem souspot en kook.
  3. Monitor gedurig die temperatuur met ’n termostaat.
  4. Verwyder die pot van die hitte sodra dit 130 grade Celsius bereik en roer vinnig die neute en nougat in.
  5. Versprei die mengsel oor die gesmeerde bakplaat en laat dit heeltemal afkoel.
  6. Sodra dit afgekoel het, kan jy dit in stukke breek en geniet. 

Vir nog resepidees met Sally Williams, gaan na VIA of kyk uit daarvoor op kanaal 147 op DStv. Jy kan ook na Sally Williams se webtuiste gaan, of gaan hou van hul Facebookblad.

Wen met Sally Williams!

Sally Williams maak van die wêreld se heerlikste heuningnougat, en hulle vier Vrouemaand met ’n kompetisie waar een gelukkige leser ’n geskenkpak ter waarde van R500 kan wen. 

Om in te skryf vul die vorm hier onder in met al jou besonderhede en die korrekte antwoord op die kompetisievraag. 

Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes:

Die kompetisie is oop van 9 Augustus 2017 tot 9 September 2017.

Jy mag ’n maksimum van drie keer inskryf.

Personeel van Media24 en die borg (Sally Williams), sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.

Jy moet die vraag korrek beantwoord om in aanmerking te kom vir die prys.

Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel.

As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.

Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke).

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie.

Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.