Ons universiteite het in slagvelde verander, die kans word ál groter dat ons president sy dag in die hof gaan kry, die Karlien-en-Derick-drama kry net nie einde nie, die stomme Bokke het hul jis gesien . . . soos altyd het die week sy kwota fassinerende, bisarre en ontstellende nuus opgelewer.

Voltooi ons vasvra om te kyk hoe goed jy na die afgelope week se nuus opgelet het, en om op hoogte te kom van wat jy dalk misgeloop het . . .

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe lesers verlede week gevaar het.

Foto, regsom van heel links bo: Karlien van Jaarsveld, klein Junior Cox-Noon, pres. Jacob Zuma, Dunay en Kurt Darren.

Bronne: huisgenoot.com, netwerk24.com, bbc.co.uk, theonion.com, gomerblog.com, thedailybeast.com, slate.com

VERLEDE WEEK . .  .

Het 93 persent van julle geweet dat Charlize  Theron vetter lyk weens haar rol in haar nuwe fliek, en dat die slegte nuus wat AB de Villiers gekry het was dat hy weens beserings vir eers van krieket moet wegbly (die twee vrae wat deur die meeste mense korrek beantwoord is). Het net 25 persent van julle geweet Hlaudi Motsoeneng het onderneem om in sy nuwe pos by die SABC vele partytjies, ontbyte en onthale te hou en hom gate uit te geniet. Altesame 63 persent het gemeen hy wil R100 miljoen vir die SAUK spaar!  Dit was die vraag wat deur die minste mense korrek beantwoord is. (Ons kan maar droom, kan ons nie?)

Was die gemiddelde persentasie vir die vasvra 56 persent (7,9 uit 14).

Aan al die vasvra-geesdriftiges

Sal julle dit verkies dat ons by elke vraag ‘n verduideliking van die antwoord voeg? Ons doen dit op die oomblik nie omdat dit die vasvra dan baie lank maak. Laat ons weet op die Facebook-kommentaar onderaan die skakel na die vasvra, of stuur e-pos na joan.vanzyl@media24.com.