Is ek al een vir wie dit ná die laaste seisoen van Game of Thrones voel of ek met ’n tienerdraak swaarde gekruis het en toe op daardie Ystertroon wat so ongemaklik lyk, sit gemaak is om te herstel? Wat ’n storie! En ná soveel verskriklike gebeure voel dit of ek dalk nooit sal herstel nie. Maar in die proses het ek op ’n paar interessante feite afgekom. Hier is die drie belangrikste dinge oor die derde seisoen (Wees gewaarsku as jy jou PVR gestel het en nog die reeks klaar moet kyk: Dit kan dinge vir jou bederf!):

1. Hulle het ’n taalkenner aan boord om die tale op te maak.

David Peterson is die taalkenner wat die min Dothraki-frases in die skrywer George R.R. Martin se boeke gebruik het om die Dothraki-taal mee te skep. Hy het ’n woordelys van omtrent 4 000 woorde opgestel.

David, wat ’n meestersgraad in taalkunde aan die Universiteit van Kalifornië behaal het, moes ook Hoog- en Laag-Valeries skep, wat Daenerys ook kan praat (die arme Emilia Clarke het die moeilike taak gehad om dit onder die knie te kry). En wat ek geleer het, is as ek Dothraki vlot wil praat, moet ek Daenerys se titel, die Dothraki-woord Khaleesi, as “KHAH-lay-see” uitspreek en nie “ka-LEE-see” nie. Ek weet, ek weet, dis hoe hulle dit in die reeks uitspreek, maar die skepper van die taal sê dis verkeerd! “Die verandering van die klinker pla my. Dis nie hoe dit behoort te klink nie, maar die vervaardigers het besluit hulle hou meer van die ander uitspraak. Hulle het seker gedink dis maar hoe die meeste mense dit in elk geval uitspreek, wat waar is,” het David vir vulture.com gesê.

Hy het ook tale vir ander reekse geskep, soos die nuwe wetenskapsfiksiereeks Defiance. En wat wil hulle gewoonlik hê wanneer hulle nuwe tale vra? Vloekwoorde! “Dis waarvan hulle die meeste hou. Hulle soek lekker kreatiewe vloekwoorde,” het hy vir KPBS.org vertel. “Ek bestee nogal baie van my tyd daaraan.”

2. Die traumatiese Rooi Troue-episode was ook vir die akteurs ontstellend.

Selfs as jy die boeke gelees en geweet het dit kom, was die bloedbad by die Rooi Troue in episode nege steeds afgryslik. Ek kon dit eenvoudig nie hanteer dat ons op een slag die lieflike Robb Stark, sy vrou, Talisa (Oona Chaplin), en sy ma, Catelyn, verloor het nie.

Maar vir die akteurs was dit nog erger om dit te verfilm. “Die trane het by baie mense gevloei, by my ook, oor hoe dit gebeur . . . Robb Stark met sy dooie koningin in sy arms; haar maag oopgeruk en bloed wat daaruit pomp. En sy ma, wie se keel oopgesny word. Dit was regtig ’n ontstellende dag, eenvoudig omdat dit so ’n groot deel van ons lewe is.”

Richard Madden, wat Robb speel, het dit so aan Hollywood Life gestel: “Ons het totaal uitgeput gevoel en dit was afgryslik om die slagting te aanskou van die karakters vir wie ’n mens so lief was.”

[caption id="attachment_29325" align="aligncenter" width="660"] Robb Stark en Talisa Westerling[/caption]

Lena Headey, wat die rol van Cersei Lannister vertolk, het ná die uitsending getwiet: “Michelle Fairley (wat Catelyn speel) is een van die aktrises in wie se spel ek my die meeste verlustig. Haar angswekkende gil oor haar seun het deur my hart geskeur. Persoonlik sal ek my vriendin baie mis.”

[caption id="attachment_29327" align="aligncenter" width="652"] Catelyn Stark[/caption]

G’n wonder daar was so ’n enorme klomp gifs daaroor nie! Hier’s een van my gunstelinge:

3. Aanhangers sê hulle wil Jack Gleeson, wat Joffrey speel, ’n klap gee, maar eintlik is meer van hulle ongeskik met Sophie Turner, wat Sansa speel.

[caption id="attachment_29329" align="aligncenter" width="660"] Sansa Stark[/caption]

Ek sou die drang moes onderdruk om Joffrey ’n paar klappe te gee as ek hom sou raakloop en myself daaraan herinner hy is bloot ’n akteur wat die rol van ’n aaklige seun vertolk. Ek’s sekerlik nie al een nie!

Die vervaardiger van Game of Thrones, David Benioff, het in die tydskrif GQ gesê: “Jack is eerlikwaar een van die gaafste en interessantste mense wat ek ken, maar mense raak vreeslik ernstig oor die reeks. Ek dink die impak wat Joffrey op die gehoor het, het ons aanvanklik nogal ’n bietjie verras. Ons is bekommerd dat Jack eendag by ’n kroeg gaan instap en bygedam gaan word deur ’n dronk ou wat nie van Joffrey hou nie en nie tussen feit en fiksie kan onderskei nie.”

Maar dit het nog nie gebeur nie. Jack sê in Entertainment Weekly mense is eintlik heel vriendelik teenoor hom. “Niemand het nog iets gemeens vir my gesê nie. Trouens, mense vra of ek oukei is, hulle hoor ek word op straat geboelie. My antwoord is: Nee! Almal is rêrig gaaf met my.”

Maar blykbaar loop die arme Sophie nogal deur. “Baie kykers wat my herken, sê: ?Ek haat jou nogal,’ en dan sê ek net: Dis koel, jy maak dinge nou goed ongemaklik. Eers was dit ietwat van ’n skok, want mense hou nie van Sansa nie. Sy is nou nie juis die aanhangers se gunsteling nie,” het die 17-jarige aktrise aan digitalspy.com vertel.

Maar dit is wat ek nog graag wil doen: