SATERDAG:

JOU DAG

Dis die perfekte dag om te verken en te eksperimenteer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy geniet dit om lid van ’n groep of organisasie te wees. Jy is talentvol en het baie om te bied. Desember is ’n wonderlike tyd vir liefde en romanse.

SONDAG:

JOU DAG

Vandag is daar goeie sterre vir kuier en stimulerende gesprekke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die diereriem se dag van die vertoonkunstenaar en jy is dol daarop om ander te vermaak. Maar moenie jou verantwoordelikhede afskeep nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vertroetel jou vriendskappe. Deel jou gedagtes en gevoelens terwyl jy maniere probeer vind om vervelige verhoudings opwindend en avontuurlik te maak. Konstante kommunikasie is die sleutel.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Jou verbeelding is dié naweek besig. Maak die meeste daarvan. Met Venus en Jupiter albei in jou sone vir huishoudelike sake is dit ook tyd om samewerking in die gesin en welwillendheid te bevorder.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Die wondelike Mercurius stimuleer jou gesellige sy en ingebore nuuskierigheid. Maak dus seker jy vul jou naweek met baie sosiale aktiwiteite en opwindende leergeleenthede.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is stimulerende, woeste energie om jou, maar jy kan dalk oorweldig word in jou haastigheid om take af te handel. Jy is gretig vir opwinding, maar maak seker jy plaas jouself nie in ’n gevaarlike posisie nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Leeus is gretig om kreatief te kommunikeer. Jy werk saam met mense wat dieselfde as jy dink en op die ou end trek almal voordeel daaruit. Daar is ’n tydelike terugslag vir ’n taak tuis.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die Waterdraer-maan kan bydra tot irriterende onderbrekings in jou sorgvuldig beplande naweek. Moenie te georganiseerd wees nie . . . laat ruimte vir spontane gebare en opwindende verrassings.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy kan maar ’n bietjie lui wees, maar moenie dié naweek op jou louere rus nie. Dis tyd om jou brein te stimuleer omdat jy goeie sterre het vir gesprekke, lees, skryf, studeer en reis.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Sosialisering met kollegas of kliënte hou die naweek voordeel in. Die fokus is ook op alle soorte studie en navorsing. Rol dus jou moue op en leer iets nuuts, Skerpioen!

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Die Waterdraer-maan gee jou avontuurlike aard en kommunikasievaardighede ’n hupstoot. Jy het baie hooi op jou vark, maar moenie iets probeer doen wat te moeilik vir jou is nie.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Die naweek kan ’n paar verrassings inhou wat met geld te doen het. Mars plaas die fokus op jou verhoudings en dis tyd om proaktief te wees om potensiële verhoudingsprobleme op te los.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n wonderlike naweek om oor jou gevoelens te praat. Jy kan jou hart uitstort. Jou buie wissel – vermy dit dus om belangrike besluite te neem wat langtermyngevolge het.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Moenie so haastig wees dat jy die vreugde en mooi dinge in jou daaglikse roetine miskyk nie. Maak tyd om dié naweek die rose langs die pad te ruik – of jy nou by die huis of werk is.