SATERDAG:

JOU DAG

Passie en volharding sal jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en bewus van die omstandighede om jou. Jy is dol daarop om die wêreld om jou dop te hou. Vanjaar is dit tyd om meer op die spirituele kant van die lewe te fokus.

SONDAG:

JOU DAG

Jy voel vandag dalk emosioneel verwyder van ander.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is bekwaam en toegewyd en het die mag om ander te oortuig. Maak dus seker jy doen dit op ’n positiewe, proaktiewe manier. In Desember is daar liefde in die lug.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

’n Verveelde Ram is ’n resep vir moeilikheid! Probeer dié naweek nuwe aktiwiteite aanpak – raak verdiep in ’n selfdoenprojek, gaan op ’n avontuur of lees op oor iets wat jou nog altyd gefassineer het.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Jy kan verwag om Saterdag koppig en stadig, maar ook geduldig en volhardend te wees. Sondag sal Saturnus meebring dat jy jou verantwoordelikhede wat verhoudings betref ernstiger opneem.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Dink voor jy praat anders kan jy op die verkeerde tyd iets verkeerds vir die verkeerde persoon sê. Wat ’n probleem met ’n familielid of buurman betref: wees jy die eerste een wat probeer vrede maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal nie veel met jou geliefdes en dierbares uitrig as jy die naweek onseker en ooremosioneel is nie. Doen liewer jou bes om balans tussen jou kop en hart en intellek en intuïsie te vind.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Van jou beste werk is tans agter die skerms. Ander let dit dalk nie op nie of waardeer dit nie, maar jou pogings sal in die volgende dae en weke beloon word.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Is jy oor iets bekommerd? Vra die raad van ’n ouer familielid of familievriend – iemand vir wie se wysheid en ervaring jy respek het. ’n Gedeelde probleem is ’n gehalveerde probleem.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die Weegskaal is lief vir luukshede en kan baie kortsigtig wees, maar probeer ’n langtermynuitkyk op geldsake hê. As jy nou slim spaar, sal jou neseier groter wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Wonderlike sterre Saterdag maak jou meer energiek en gemotiveerd. Dit is ’n fantastiese dag om vaste planne te maak, ambisieuse doelwitte te stel en deur persoonlike en professionele projekte mag te verkry.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Moenie hierdie naweek kortpaaie kies nie. Sukses sal kom as jy geduldig is en al die navorsing doen wat nodig is. Soek die verborge feite.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Jy geniet jou onafhanklikheid dié naweek. Dit sal baie tyd en energie in beslag neem om ander sover te kry om belang te stel om iets te doen. Dit is dus slimmer en vinniger om liewer daarmee te begin en dit sommer self te doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Venus die vredemaker is tot 19 Julie in jou verhoudingsone. Dit is dus die ideale tyd om jou intieme verhoudings te verbeter of probleme met ’n knorrige kollega uit te stryk.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dissipline en diskresie is die naweek nodig om te keer dat jy vertroulike inligting uitlap. Fokus daarop om neer te skryf wat jou toekomsdrome is.