Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre is gunstig vir kommunikasie en alle soorte gesprekke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en vatbaar vir indrukke, maar moenie toelaat dat ander jou op ’n dwaalspoor bring nie. Staan vas in wat jy glo. Bestee in 2016 meer tyd aan kreatiewe en geestelike sake.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jou energievlakke is hoog en dis ’n wonderlike dag vir fisieke, sport- of buitelugaktiwiteite asook alle soorte kommunikasie. Ander vind jou entoesiasme inspirerend en aansteeklik.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Venus in jou vennootskapsone sal dit nou makliker wees om probleme in ’n romantiese verhouding op te los as ander kere. Moenie net opgee en jou verhouding in die “te moeilik”-mandjie gooi nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit sal nie help om ’n hardnekkige verhoudingsprobleem met ’n ou benadering te probeer oplos nie. Hoe meer proaktief en kreatief jou benadering is, hoe groter is die kans dat jy langtermyn-sukses sal smaak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal lekker met familie en vriende gesels. Julle inspireer mekaar en jy kan openlik en eerlik sê hoe jy voel. Weerstaan die begeerte om meer take op jou te neem as wat jy kan hanteer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die positiewe hoek van die son en maan sorg vir ’n genotvolle dag en jy sal die goeie van die lewe geniet. Kuiers saam met familie en vriende bring baie voordele mee, maar moenie te reguit wees nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Wat dit ookal is wat jy doen, jy doen dit met die langtermyn in gedagte. Moenie bang wees om aspekte halfpad aan te pas as sake nie uitwerk nie. Buigbaarheid is in die volgende paar dae die sleutel.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is baie weetgierig en kommunikeer met ’n verskeidenheid familielede en vriende. Dis die ideale dag vir reis, studie of skryf. Weerstaan die drang om die nuuskierige agie van die  buurt te wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Venus in jou teken is jy lus om geld op die klein luukses in die lewe uit te gee. Of dit nou fynproewerskos, wyn of top-produkte vir persoonlike sorg is, jy is lus om jouself te bederf.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Wanneer die maan in jou kommunikasiesone is, gaan jy net voort sonder om te dink en sê dinge waaroor jy later spyt is. As jy dink voor jy praat, sal dit met jou verhoudings beter gaan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die omstandighede is gunstig vir sake en jy benader projekte met jou hart en verstand. Gesonde verstand en intuïsie is ’n wenkombinasie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Aktiewe Waterdraers is gereed om te verken en eksperimenteer. Jy vul die dag met opwindende avonture. Kommunikasie vloei. Maak dus seker jy het iets interessants om te sê.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moet die moed en passie hê om die ware jy te wees. Jou leuse vir vandag is die volkekundige wyle Margaret Mead, wat vandag sou verjaar, se woorde: “Onthou altyd jy is absoluut uniek. Net soos al die ander mense.”