SATERDAG

JOU DAG

Vandag sal intens en onvoorspelbaar wees. Vat dit kalm.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is soos ’n masjien en floreer daarop om projekte af te handel. Maak in 2016 gereelde ontspanning deel van jou daaglikse roetine.

SONDAG

JOU DAG

Jy het gunstige sterre vir goeie kommunikasie, om ’n gevoel van samehorigheid te skep en om iets kunstigs te maak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vat die lewe en jouself in 2016 minder ernstig op. Jy probeer om die balans tussen werk en speel reg te kry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy moet vandag ekstra taktvol wees anders kan jy jou reg in die middel van ’n hewige gesinstwis bevind. Die emosies loop hoog; kies dus jou woorde wys.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy het vandag goeie sterre om op hoogte te kom van wat in jou beste vriende se lewe aangaan. Die aktrise en sangeres Marlene Dietrich, wat Sondag verjaar, sê: “Dit is die vriende wat jy vieruur in die oggend kan wakker bel wat saak maak.”

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Doen alles in jou vermoë om in die vakansietyd op hoogte te kom van die gebeure in jou familielede se lewe terwyl Jupiter in jou sone vir familie is. Geesdriftige Tweelinge sal ’n paar goeie winskopies op die uitverkopings ná Kersfees koop.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Party Krewe sal sukkel om aan die gang te kom omdat jou lyf protesteer weens al die kos en drank in die feestyd. Dit sal slim wees om jou etes klein en eenvoudig te hou.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is gretig om ’n paar winskopies op die uitverkopings ná Kersfees op te spoor, maar met impulsiewe Mars wat deur jou geldsone beweeg, moet jy liewer van aanloklike koop-nou-betaal-later-skemas wegbly.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met Mercurius en Jupiter wat jou teken aktiveer is baie Maagde vandag in die vakansiestemming. Put inspirasie uit die ontslape Amerikaanse skrywer Henry Miller, wat Saterdag verjaar, se woorde: “Doen enigiets, maar laat dit vreugde bring.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie verras wees as ’n geliefde vandag anders optree nie. Dit sal moeilik wees om te verstaan wat die oorsaak is – moet dus nie eens probeer verstaan nie. Kom geleidelik in ’n ontspanne vakansieritme.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Kwessies uit die verlede kan vandag jou goeie oordeel belemmer. Geniet die vakansie en laat die belangrike besluite vir later wanneer jy meer rasioneel dink.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Avontuurlustige Boogskutters is lus vakansiekaperjolle en gesinspret. Jy is in ’n goeie bui met Jupiter wat jou uitbundige kant aktiveer en jou weerstand verlaag.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis ’n dag vir vriendskap en pret. Jy neem deel aan vakansie-aktiwiteite en kuier saam met familie en vriende. Volg jou instink as jy ’n belangrike besluit moet neem.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Probeer om in die feestyd ’n balans te kry tussen jou kuierkant en jou behoefte aan privaatheid en alleentyd – weg van die vakansiemalligheid. Is dit dalk tyd om ’n bietjie van al die sosiale media weg te breek?

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis die ideale dag om tyd saam met familie en vriende deur te bring en julle deel jul drome en wense vir die komende jaar met mekaar. Daarna kan jy jou Nuwejaarsvoornemens begin formuleer.