NEGENTIEN weke voor die einde van jaar. Agttien weke tot Kersfees. Skrikwekkend, nè Jy moet maar skouer aan die wiel sit by die werk vandeesweek; die tyd gaan net te vinnig verby. Kom ons begin die week met ’n woema-liedjie oor die lewe op kantoor en die klaarkry van werk.

Maandag

Die liedjie 9 to 5 was een van Dolly Parton se grootste treffers en is ’n tong-in-die-kies kykie na die korporatiewe lewe.

Dinsdag

Mike and the Mechanics het die afgelope paar dae voor vol sale in Gauteng en die Wes-Kaap opgetree. Hier is hul bekende huldeblyk aan pa’s, The Living Years.

Woensdag

My keuse vir die week is dié stoute nuwe liefdesliedjie van Pink saam met Lily Rose Cooper (beter bekend as Lily Allen). Dis heerlik vars en eerlik en heet True Love.

Donderdag

Donderdae gaan krap ons in die oude doos rond. Dis ’n geleentheid om die wonderlike treffers van vanmelewe te geniet. Vandag se keuse was in 1975 boaan die trefferlys en word uitgevoer deur die soul-legendes Earth Wind and Fire. Hier is Reasons.

Vrydag

Dis Vrydag – jy het ’n liedjie nodig om jou deur die naweek te ja. Iets met ’n vrolike ritme. Dames en here, hier is Jason Derulo.

- Ian Bredenkamp

Ian Bredenkamp Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.

Lees Ian se vorige liedjie-aanbevelings by:

12 Augustus 2013

29 Julie 2013

5 Augustus 2013