Die Oscar-bekroonde George Clooney se nuwe fliek Up In The Air, is binnekort te sien in Suid-Afrika. Hieronder is ‘n voorskou van die fliek, waarvoor Clooney dalk vir nog ‘n Oscar benoem gaan word.

Ryan Bingham (Clooney) is 'n rondreisende sakeman wat basies sy lewe op lughawens, vliegtuie, taxis en hotelle deurbring. Hy lewe maar eintlik uit sy tas uit. Uiteraard is hy ‘n premium-lid van bykans elke lojaliteitsreisprogram met miljoene vlugmyle op sy kerfstok.

Maar dan raak hy verlief op ‘n mede-reisiger...

Op die internet - www.theupintheairmovie.com