Ons kyk ook hoe verskillende lande die heilige naweek vier – op hul unieke en soms ietwat bisarre manier.

Die Paashaas en eiers:

[caption id="attachment_121003" align="alignnone" width="600"]Foto: Wikimedia Foto: Wikimedia[/caption]

Ons sien hom in winkelsentrums saam met kinders poseer vir lekkers en deur die tuin draf met ’n mandjie vol Paaseiers. Maar waar kom die tradisie van die Paashaas vandaan?

Een teorie is dat hase sedert die antieke tyd met die lente verbind word. Die Angel-Saksiese godin van lente, Eostre, het glo ’n haas as metgesel gehad. Die dier simboliseer beide vrugbaarheid en hergeboorte. En Christene het die simbool van die haas eers later in die Paashaas verander.

Nog ’n storie is dat Duitse immigrante die idee van die geliede eierlêende Paaskarakter in die 1700’s die eerste keer na Amerika geneem het. Hulle het vir hul kinders gesê om neste met hul pette en hoede te versier.

As hulle soet was, sou die Paashaas vir hulle kleurvolle eiers los – vandaar die idee van Paaseiers.

Sjokolade-Paaseiers het in die 19de eeu die eerste keer in Frankryk en Duitsland ’n verskyning gemaak, maar dit was bitter en hard. Namate die tegnieke van sjokoladevervaardiging verbeter het, is hol eiers ontwikkel soos dié wat ons vandag ken. En hulle is vandag nog gewild.

Paasbolletjies:

[caption id="attachment_121004" align="alignnone" width="600"]Foto: Wikimedia Foto: Wikimedia[/caption]

Paasbolletjies word traditioneel vir die Vastyd gebak – die 40 dae van vas deur Katolieke en Anglikane voor die begin van Paasfees.

Maar die liggies gegeurde gisbolletjies met die bekende broodkruis op het hul oorsprong so ver terug as die 12de eeu.

Daar word vermoed ’n Anglikaanse monnik het die bolletjies gebak en dit met ’n kruis gemerk ter ere van Goeie Vrydag. Mettertyd het die smaaklike eetgoed wêreldwyd gewild geword en eindelik ’n simbool van Paasnaweek geword. (Njam!)

Nog ’n teorie is dat Paasbolletjies om bygeloof-redes vir Goeie Vrydag gebak is.

Een storie lui die bolletjies wat op hierdie dag gebak en aan die dakbalke van ’n huis gehang is in die komende jaar bose geeste sal weghou.

Lees ook: Jou kind en die Paashaas

Daar is ook ’n storie dat die bolletjies matrose teen skipbreuk sou beskerm.

En ’n laaste teorie is dat die deel van ’n bolletjie met ’n geliefde vriendskap waarborg in die komende jaar.

Paastradisies in die wêreld:

In Pole staan Paasmaandag bekend as Nat Paasmaandag en word met ’n groot watergeveg gevier.

[caption id="attachment_121006" align="alignnone" width="600"]Foto: Wikimedia Foto: Wikimedia[/caption]

Dit tradisie het begin toe seuns meisies met emmers water natgooi. Die legende lui dat as ’n meisie natgenooi word, sy binne die volgende jaar sal trou, want die water simboliseer gesondheid en skoonheid. (Die tradisie word nie aanbeveel vir Suid-Afrika wat onder ’n droogte gebuk gaan nie!)

In Ierland, waar die landburgers ’n voorliefde vir drank het, is kroeë op Goeie Vrydag gesluit. Die Iere handhaaf ook dan ’n beleid van geen vleis nie en eet eerder vis.

In Swede is die Paaskonyn en nie die Paashaas nie wat vir kinders lekkers vat.

In Frankryk word ’n reuse Paas-omelet elke jaar in die dorp Bessieres in die suidweste van die land berei.

[caption id="attachment_121005" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Die legende lui Napoleon Bonaparte het een aand in Bessieres aangedoen om te rus en aandete te eet.

Die keiser was so in sy noppies met die omelet wat die herbergier vir om berei het dat hy die dorpenaars gevra het om al die eiers in die gebied te versamel en die volgende dag vir sy regiment ’n reuse omelet te berei. En dit het toevallig met die Paasvieringe saamgeval.

Dit is nie net ’n Europese tradisie nie.

Afrikalande het ook die gees van Paasfees op nuwe maniere aangegryp.

In Ghana vergader gesinne vir ’n fees wat as “die piekniek” bekend staan. Die vakansie word ook vinnig bekend vir die jaarlikse Ghana- skermsweeffees.

Lees ook: Oulike origami vir Paasfees

En in Lagos, Nigerië, word ’n kleurvolle karnaval elke Paasfees aangebied met helderkleurige en wonderlike kostuums en ’n week lange straatparty.

[caption id="attachment_121007" align="alignnone" width="600"]Foto: Wikimedia Foto: Wikimedia[/caption]

In die Filippyne herdenk die kinders Paasfees deur soos engele aan te trek en aan ’n optog deel te neem wat gewoonlik voor dagbreek op Paassondag begin om die opstanding van Christus te herdenk.

Ook in die Filippyne – en in Suid-Amerika, Griekeland en Ciprus – word groot strooi-afbeeldings van Jesus se verraaier, Judas, in die openbaar geslaan voor dit aan die brand gesteek word.

Maar ongetwyfeld die oulikste Paastradisie kom uit Australië.

Daar is die Paashaas vervang met die Paas-bilby – ’n oulike buideldier met bokkie-oë en lang, wollerige ore.

Die bilby is ’n bedreigde dier wat inheems is aan Australië. Sjokolade en ander handelsware in die vorm van die bilby word in die Paastyd oral op die vasteland verkoop om geld in te samel en bewustheid te bevorder van bewaringspogings.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Daar slaan Pastoor 007 se ‘swendelaar’ so waar as vet glo weer toe!

Twee sterf, 32 gehospitaliseer ná talle jonges gewilde nuwe dwelm by partjie gebruik

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!

Erik Holm: ‘As ek die glasvenster kan breek, sal ek weer loop’

Pedro Kruger: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie’