Dit kan moeilik wees om tyd in te ruim vir oefening, veral as jy nie regtig gemotiveerd voel nie. As jy egter ’n hond het, is daar nie ’n verskoning nie - jy kan tog nie die arme brak heeldag op die rusbank laat stoel nie.

Die Staatsuniversiteit in Michigan het in ’n studie bevind dat mense wat honde aanhou, meer as ’n derde meer geneig is om 150 minute se oefening per week in te kry as die hondeloses. Dis te verstane as jy al jou uitstappies met jou hond in ag neem.

Maar wat nou as jy en Fido keelvol is vir voortploeter op die sypaadjie? Dan is dit hoog tyd om meer kreatief rondom oefening te raak.

  1. Hardloop Oukei, dit is nou wel nie ’n drastiese wegspringpoging nie, maar verbasend min honde-eienaars draf met hul troeteldier. As jy daaraan skuldig is, loop jy ’n truuk mis. Honde pas baie gou aan by ’n drafsessie en dit beteken dat hulle gou gewoond sal raak aan jou pas. Hulle sal jou ook aanpor om harder - en vinniger - te hardloop. Dit is fantastiese oefening vir hulle en vir jou. Onthou net as dit warm is, sal jou maat ’n ruspose nodig hê omdat honde nie sweet soos mense nie.
  2. Roeiski at goed genoeg is vir Amanda Seyfried, is goed genoeg vir ons. Die Hollywoodster is gekiek waar sy met haar hond Finn op ’n meer rondroei, so hoekom probeer jy dit nie ook nie? As jou hond aan die begin verward is, raai health.com jou aan om vir eers op jou knieë op die plank te staan terwyl jy rondroei. Skaf ook ’n reddingsbaadjie jou hond aan, net ingeval julle van die plank afduiwel!
  3. Fietsry Dit is die soort oefening wat voorgeskryf word vir die soort honde wat ten beste beskryf kan word as “energiek”. Die soort wat onmiddellik reg is vir nog, selfs al kom julle nou net van die park af. Jy sal verbaas wees oor hoe baie hulle dit geniet om saam met jou te draf wanneer jy fietsry – veral wanneer jy hardloopsessies met ’n matiger pas afwissel.
  4. Hondejoga Dis nie bogpraatjies nie, dit bestaan werklik. Jy sal baie van jou tyd gebruik om jou hond te help strek, en daar is houdings waarmee hy of sy jou ook kan help. Jy kan selfs so ver gaan soos om ’n bietjie massering te doen! Toegegee, dit is nie die mees energieke vorm van oefening nie, maar dit is altyd lekker om saam met jou beste (vierpotige)vriend te ontspan.

© Cover Media