Welkom by ons weeklikse nuusvasvra. Vandeesweek is daar vrae oor politieke dramas, sterre-dramas, kultuurdramas en internasionale dramas!

Soos altyd is daar ’n leidraad of twee in die foto versteek, en kan jy tot onder die vasvra rol om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . .

Verlede week se vasvra was ’n bietjie moeiliker as gewoonlik, want daar was geen uitskiet-resultate nie.

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 87 persent van deelnemers het geweet die sneeufoto’s van Dunay Darren en haar dogtertjie is in die Wes-Kaap geneem.

Die vraag waarin die laagste punt behaal is: Net 29 persent het geweet die Katolieke Kerk het verbied dat glutenvrye brood by die nagmaal geneem word.

Die gemiddelde persentasie: 62 persent, oftewel 9,34 uit 15.