Dit was ’n week van groot sportoomblikke, nuwe politieke woelinge en allerhande doenighede in die wêreld van die sterre. Voltooi ons weeklikse nuusvasvra en kyk hoe goed jy sake dopgehou het. Wenk: Daar’s meer as een leidraad in die foto hierbo versteek.

Rol soos altyd tot onder die vasvra om te kyk hoe deelnemers verlede week gevaar het.

VERLEDE WEEK SE PUNTETELLING

Die vraag wat deur die meeste van julle korrek beantwoord is: Altesaam 92 persent het geweet dat Toks van der Linde se meisie, Carolyn Avenant, met ’n verloofring op sy Instagram-blad gespog het.

Die vraag wat die meeste deelnemers verkeerd gekry het: Net 32 persent het geweet dat wyle Ray Phiri die groep Stimela in die 1970’s gestig het. Die meeste van julle het geraai dis Ladysmith Black Mambazo. Dis ’n maklike fout om te maak, want behalwe dat Ladysmith Black Mambazo van die drie keuses die hoogste profiel het, het Phiri in 1985 saam met hulle en Paul Simon aan die album Graceland gewerk.

Die gemiddelde persentasie was 65 persent (9,15 uit 14).