Het jy die afgelope week na die nuus opgelet? Voltooi ons weeklikse nuusvasvra en vind uit. Daar is ’n leidraad of wat in die foto hierbo versteek.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . . 

Altesaam 95 persent van deelnemers het geweet dat die Suid-Afrikaanse hoenderuitvoerbedryf deur voëlgriep bedreig word. En 93 persent het geweet die akteur Marius Weyers was in die hospitaal om ’n hartklep te laat vervang.

Net 32 persent het geweet die naam van dié skildery deur Vladimir Tretchikoff is Die Chinese Meisie. Die meeste het gedink dis Meisie van die Ooste. Meisie van die Ooste is ’n ander Tretchikoff-skildery. Die Chinese Meisie word ook soms Die Groen Meisie genoem.

Ondanks die feit dat heelparty mense volle punte gekry het, het die gemiddelde punt vir die eerste keer in ’n baie lang tyd tot onder 60 persent geval ... dit was 59 persent, oftewel 8,26 uit 14.