In Mosambiek het die sikloon Dineo verwoesting gesaai, en aan die ander kant van die aardbol sorg die sikloon Trump steeds dat geen nuusdag vervelig is nie.

Het jy verlede week se nuus dopgehou? Voltooi ons vasvra en vind uit! Rol tot onder die vasvra om te kyk hoe julle in verlede week se vasvra gevaar het.

Foto, regsom van heel links: Persfoto van die Jaar, Cézanne Visser, Andriëtte Norman en Brian Molefe.

(Let wel: Die feit dat iemand op die foto is, beteken nie noodwendig hul naam is die korrekte antwoord nie!)

VERLEDE WEEK . . .

Het 91 persent van julle geweet dis die kommandowurm wat Suid-Afrika aan die binneval is.

Het net 19 persent van julle geweet die wêreld se grootste vlugtelingekamp (350 000 inwoners) is in Kenia.

Was die gemiddelde punt 60 persent (8,42 uit 14).