Regsom van links: Wayde van Niekerk, Pierre van Pletzen, Marius Weyers en Suna Venter

Van Oubaas wat die Laan verlaat tot die Gupta-skandale wat nie end kry nie en die intimidasie van joernaliste – dit was weer ’n omvangryke nuusweek. Het jy op hoogte van die groot stories gebly? Toets jou kennis met ons vasvra!

Rol tot onder die vasvra om te kyk hoe spelers verlede week gevaar het.

VERLEDE WEEK SE UITSLAG

Die vraag wat die beste deur deelnemers beantwoord is: Altesaam 96 persent van julle het geweet dit was Christopher Panayiotou wat aan die middelman in  ’n  huurmoord gesê het: “Dit het ontvoering geword en ’n moord pleks daarvan om dit net ’n roof buite die huis te maak.”

Die vraag wat die swakste beantwoord is: Die Suid-Afrikaanse pa-en-seun-span wat in die opkomende Marvel-fliek Black Panther te sien sal word: Altesaam 45 persent het geraai dis Herman en Ludwig Binge, maar die regte antwoord is John en Atandwa Kani.

Die gemiddelde persentasie was 64 persent (9,58 uit 15) - glad nie vrot nie, maar dit kan beter!