Verwoestende stormwinde en brande, die Britse verkiesing en immer nuwe Gupta-skandale het vir meer as genoeg hoofopskrifte gesorg. Wat kan jý alles van die afgelope week se nuus onthou? Voltooi ons vasvra en vind uit!

Daar is ’n leidraad in die foto’s hierbo versteek.

Soos altyd: Rol tot onder die vasvra om die hoogtepunt en laagtepunt van verlede week se uitslag te sien.


VERLEDE WEEK SE UITSLAG

Die gemiddelde punt was 62,4 persent (9,24 uit 15).

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 96 persent van julle het geweet Tiger Woods is aangekla van bestuur onder die invloed van drank.

Die vraag wat die slegste beantwoord is: Net 26 persent het geweet die nuutste werkloosheidsyfer vir wit mense in Suid-Afrika is 6,6 persent. Die meeste mense het gedink dis 22,9 persent!

Die korrekte ontleding van werkloosheid volgens etnisiteit is:

Swart mense: 31,4 persent

Bruin mense: 22,9 persent

Indiërs: 12,9 persent

Wit mense: 6,6 persent