Welkom by die eerste nuusvasvra van die nuwe jaar! Kon jy tussen al die vakansiehouery deur darem 'n bietjie aandag aan die sake van die dag bestee? Indien wel, sal jy goed vaar in die vasvra. Indien nie, sal jy binne 14 vrae vinnig op hoogte kom!

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe julle in die vakansie gevaar het.

Foto (regsom van links bo): Caster Semenya en Violet Raseboya haak af; een van die Hertogin van Cambridge se foto's van haar spruite, George en  Charlotte; Wayne Westner; Bok van Blerk en Hanna Grobler

Hoe het julle in die vakansie gevaar?

2016-vasvra

In hierdie vasvra het ons gekyk wat julle alles kan onthou van nuusgebeure deur die jaar en almal het uitstekend gevaar.

Altesaam 98 persent het geweet die celeb-huwelik wat in 2016 in die hek geduik het, was dié van Angelina Jolie en Brad Pitt.

Net 44 persent het geweet dat 'n mens in Pokémon Go jou Pokémon met 'n Poké-bal gooi om hom te vang.

Die gemiddelde persentasie was 68 persent.

Maklikste vasvra ooit

In hierdie vasvra het ons vrae versamel wat in die loop van die jaar se vasvrae deur die meeste mense korrek beantwoord is.

Altesame 94 persent van julle het geweet die komediant Mark Lottering het sy hare met insekdoder bespuit om te spot met 'n prediker wat Doom ingespan het om lidmate van siektes te genees.

Mark spuit sy hare met Doom

Net 69 persent het onthou dat Angelique Gerber en Jacques Potgieter se pienkvoet in Japan gebore is.

Die gemiddeld was 83 persent - 'n onderskeiding!