Tussen Pravin Gordhan, Thuli Madonsela, Des van Rooyen en die brandende kampusse  het Suid-Afrika omtrent ’n gebeurtenisvolle week beleef. Gelukkig was daar darem ook die rugby, en soos altyd kon ons op die sterre vertrou om vir ’n bietjie ligsinnige nuus te sorg... 

Weet jy waarvan ons praat? Voltooi dan ons weeklikse nuusvasvra en kyk hoe goed jy die afgelope week opgelet het, of kom op hoogte van wat jy dalk misgeloop het . . .

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe lesers verlede week gevaar het.

Foto, regsom van heel links bo: 7de Laan se Carina Nel; die Britse popster Rod Stewart; minister van finansies Pravin Gordhan; en Mundolene Vosloo, die Gautengse tiener wat in skokkende omstandighede dood is terwyl sy op ’n tropiese eiland vakansie gehou het.

Bronne: huisgenoot.com, you.co.za, netwerk24.com, bbc.co.za, nytimes.com, slate.com, washingtonpost.com

VERLEDE WEEK . . . 

Het 94% van julle geweet die regering wil die ouderdom waarop Suid-Afrikaners alkohol mag begin drink, tot 21 verhoog (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 33% van julle geweet Google noem hul nuwe foon die Pixel (die vraag wat deur die minste mense korrek beantwoord is).

Was jul gemiddelde punt 62%, wat uitstekend is!

Kyk hier na die volledige uitslag.