’n Chaos op universiteitskampusse, die Brangelina Brad-en-Angie-skok, voortslepende intriges by die SA Inkomstediens, allerhande ander skinner en skandale . . . daar is sowaar nooit ’n vervelige oomblik op ons planeet nie. Hoe goed het jy na vandeesweek se nuusgebeure opgelet? Toets jouself met ons nuusvasvra!

Rol tot onder die vasvra om te kyk hoe lesers in verlede week se nuusvasvra gevaar het.

Foto’s, linksom van bo links: Dudu Myeni, Andriëtte Norman, Karlien van Jaarsveld en Brad Pitt. 

VERLEDE WEEK . . .

Het 89% van julle geweet die hof het aan Joost van der Westhuizen  die geld toegeken wat waarskynlik deur sy prokureur verduister is (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is);

Het net 32% van julle geweet  die Wêreldnatuurfonds het Viëtnam die voorafgeaande week met ’n internasionale handelsboikot gedreig as hy nie sy onwettige handel in renosterhoring staak nie (die vraag wat deur die minste mense korrek beantwoord is; );

Was jul gemiddelde punt vir die vasvra 58%; en

Het 60,4% van julle volle punte vir die vasvra behaal.

Klik hier om die volledige uitslag te sien.