Verlede week het deelnemers aan ons nuusvasvra vir die eerste keer in maande die sielkundige grens van 9 ut 14 punte verbygesteek en 10,2 behaal! Dis ’n gemiddeld van 72 persent, dus byna-byna ’n onderskeiding.

Kom ons kyk hoe gaan dit vandeesweek. Daar was amper elke dag ’n berig oor ’n nuwe drama in Amerika, en in Suid-Afrika het die nuus ook nie stilgestaan nie - maar as jy die hoofopskrifte dopgehou het, sal jy tjoef-tjaf deur hierdie vasvra draf. As jy vasbrand, onthou dat daar soos gewoonlik ’n wenk of twee in die foto hierbo opgesluit is.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat die beste beantwoord is: Karlien van Jaarsveld, wat weer swanger is, het twee kinders. Alesaam 96 persent van spelers het dit geweet.

Die vraag wat die slegste beantwoord is: Net 45 persent het geweet dat die vorige Amerikaanse FBI-hoof, James Comey, van sy afdanking verneem het danksy 'n berig op TV.

BONUSVRAAG

Die prys vir die beste nuusvraag die afgelope week gaan beslis aan "bespiegelings"  op Twitter deur die koerant Mail & Guardian en die bekende aktivis Wayne Duvenhage. Kan jy dit beantwoord?

Hoekom is Brian Molefe voorheen by Eskom weg?

  1. Hy het bedank.
  2. Hy het afgetree.
  3. Hy is uit diens gestel.
  4. Hy het met kraamverlof gegaan.
  5. Wie weet?

Foto, regsom van bo links: Die opspraakwekkende kat,  prins George en prinses Charlotte by tant Pippa se troue, Francois van Coke, Mandla Hlatshwayo, en Chanelle de Jager, wat in ’n fliek is wat in Julie ons bioskope tref.