Politieke intriges, verkiesings in Europa, massagebed, aksie in die vermaakwêreld . . . die afgelope week was bedrywig, maar het jy regtig goed opgelet? Voltooi ons vasvra en kyk wat jy alles van die week se nuusopskrifte onthou.

Rol tot onder die vasvra om die hoogtepunte en laagtepunte van ons vorige vasvra te sien.

Foto, regsom van links: Julia Roberts. Refentse, Charlize Theron en Amor Vittone

(Onthou, net omdat iemand op die foto is beteken dit nie sy of haar naam is die korrekte antwoord nie!)

UITSLAG VAN DIE VORIGE VASVRA . .

Verlede week het ons 'n vasvra oorgeslaan omdat dit Paasnaweek was, maar hier is die uitslag vir die nuusvasvra van die week 3 tot 9 April.

Altesaam 96 persent van julle het geweet dat die kabinetskommeling een van die redes vir Suid-Afrika se afgradering na rommelstatus was.

Net 43 persent het geweet Fokofpolisiekar het die geld wat hulle vir hul nuwe album nodig gehad het, met skarefinansiering ingesamel.

Die gemiddelde punt was glad nie sleg nie: 65 persent, oftewel 9,1 uit 14.