Daar’s vrae oor die opspraakwekkende aanval in Londen, die omstrede braairestaurant-voorval in Johannesburg en natuurlik die ontvouende dramas in Amerika, wat volgens sommiges op die einde van Donald Trump se presidentskap kan uitloop.

Soos altyd: Rol tot onder die vasvra om ’n opsomming van verlede week se uitslag te sien. Foto (regsom van links): Mej. SA, Demi-Leigh Nel-Peters; Arnold Schwarzenegger; Karlien van Jaarsveld; Marisa Drummond, een van die sterre van Eintlik Nogal Baie

VERLEDE WEEK . . . 

Het altesaam 87 persent van julle geweet dat diewe 15 rekenaars uit die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng in Midrand gesteel het. Het 87 persent van mense ook geweet die aktrise Leandie du Randt van Jagveld-faam is met Bouwer Bosch getroud, maar net 33 persent het onthou dat wyle Joe Mafela onder meer bekend was vir die TV-sitkom Going Up.

Was die gemiddelde punt 66 persent (9,2 uit 14).