Welkom by ons weeklikse nuusvasvra! Die afgelope week het die wêreld ’n  president én ’n mot met die naam Donald Trump bygekry, daar’s ’n  klompie minder Ford Kugas op ons paaie en Suid-Afrika se eie leierskapstryd het momentum gekry. 

En terwyl brande en droogte verwoesting in dele van ons land saai, het wetenskaplikes 2016 bestempel as die warmste jaar wat nog ooit aangeteken is . . .

Weet jy al hierdie dinge? Dan sal jy die nuusvasvra tjoef-tjaf kafdraf. So nie, sal jy binne 14 vrae op hoogte van al verlede week se groot stories kom.

Soos altyd: Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

Foto (regsom van links): Pieter-Steph du Toit, Cyril Ramaphosa, Morgan Deane, Nico Nel

Bronne: netwerk24.com, huisgenoot.com, huffingtonpost.co.za, dailymaverick.com, bbc.com, abc.net.au, slate.com, hytimes.com, washingtonpost.com

VERLEDE WEEK . . . 

Het altesaam 92 persent van julle geweet dat Donald Trump vir Meryl Streep ’n "overrated actress" genoem het - die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is.

Het net 40 persent geweet dat kompromat die Russiese woord was wat die week oor en oor gebruik is. Dit beteken "kompromitterende inligting" en het verwys na bewerings dat pres. Donald Trump saam met Russiese dames van die nag in duur Moskouse hotelle gekattemaai het. (Wenk: Vraag 7 in vandeesweek se vasvra het ook met hierdie beweerde voorval te doen . . . )

Was die gemiddelde punt uitstekend: 67 persent.