Die eerste reeks het vir baie kykers teleurstellend geeïndig toe Beulah en Hugo in die water gespartel het vir oorlewing, maar vanaand kan aanhangers van Vallei Van Die Sluiers in die tweede seisoen uiteindelik sien wat toe met dié twee karakters gebeur het. En of daar uiteindelik trouklokkies vir iemand gaan lui.

Die tweede seisoen begin vanaand om 19:30 op kykNET en beloof om met bekende akteurs soos Lida Botha, André Rossouw, Michelle Burgers, Jana Fischer en Nico Panagio net so opwindend soos die vorige seisoen te wees.

Die reeks is vir vier ATKV Meidaveertjies benoem, maar het leë hande huis toe gegaan.