Hoera vir Huisgenoot, wat vandag 101 jaar oud is! Ja, op 20 Mei 1916 het die wêreld se heel eerste Huisgenoot verskyn . . .

Maar as jy deur die geskiedenisboeke blaai, sal jy gou agterkom dat ’n hele klomp ander belangrike gebeure hulle ook op 20 Mei afgespeel het. Party is net interessante wetenswaardighede, maar ander het die wêreld vir ewig verander.

Kyk hoe jy in ons 20 Mei-vasvra vaar – selfs al weet jy nie veel van die geskiedenis nie, sal jy die meeste antwoorde kan raai. Ons het ook ’n paar leidrade in die foto hierbo versteek.

Hoe dit ook al sy, jy sal gou agterkom: 20 Mei is voorwaar ’n baie betekenisvolle datum . . .

Bronne: wikipedia, onthisday.com, thepeoplehistory.com, historynet.com, history.com, vandaagindemusiekgeschiedenis.com

Foto, regsom van heel bo links: Dinuzulu se pa; die eerste Huisgenoot-voorblad; Cher; ’n patent wat op 20 Mei geregistreer is; Sheryl Crow se eks; Charles Lindbergh; die eerste Westerling wat Indië per see bereik het; Frank Sinatra; en nog ’n 20 Mei-patent.