In die winter voel baie mense terneergedruk en alleen. Hier is 10 wenke op hul dag op te helder:

1. Glimlag. Glimlag vir ’n vreemdeling, jou buurvrou of die ou tannie op die bankie in die park. Die warmte van iemand se glimlag kan selfs die grouste winterdag ophelder.

2. Deel. Wanneer jy aandete berei, maak ’n bietjie meer en deel dit met ’n bejaarde of selfs jou buurvrou. Niks dra die boodskap van liefde en warmte uit soos ’n bord kos vir ’n honger maag nie.

3. Kies ouskool. Stuur vir iemand ’n handgeskrewe nota of kaartjie. Met dié dat die digitale era ons lewe oorneem, is ’n outydse dankie-sê-briefie, verjaardagkaartjie of brief van waardering soveel skaarser en – mooier.

4. Hou die deur oop. En nee, dit is nie net vir die mans bedoel nie. Vroue kan ook deure oophou. Dis nie moeilik nie – en dis ’n mooi gebaar.

5. Skenk. Gee jou ou boeke aan gemeenskapsbiblioteke en jou ou klere aan skuilings. Jy sal baie beter voel nadat jy daarvan ontslae geraak het en jy sal iemand help warm hou.

6. Mentor. As jy baie insig of lewenservaring het, kan jy iemand jonger aanspoor om hul drome na te jaag.

7. Vyf woorde. Sê vir jou geliefdes ‘ek is lief vir jou’ en deel drukkies en soentjies uit. Dis gratis en dis vir jou ook goed.

8. Optimisme. Deel inspirerende of motiverende aanhalings deur sosiale media. Kom ons rem nie vriende, kollegas en familie af met negatiewe statusse nie. Versprei die liefde met optimisme en inspirasie. Jy sal waarskynlik ook beter voel.

9. Komplimente. Niks klop ’n opregte kompliment as jy iemand se dag beter wil maak nie.

10. Luister. Soms soek mense net iemand om mee te praat. Dit verg nie veel nie. Luister net aandagtig om die persoon te wys jy gee om en heg waarde aan wat hulle te sê het.

– Faiza Mallick