Die dag nadat die joernalis Liz McGregor gevra is om haar eerste boek oor rugby te skryf het sy toevallig saam met haar broer Andrew gaan ontbyt eet. "Ja," vertel sy vir hom oor haar spek en eiers, "ek sal nou seker êrens Graeme Smith se telefoonnommer in die hande moet kry.”

Tussen daardie dag toe sy moes hoor Graeme Smith speel krieket en die dag toe haar Touch, Pause, Engage! op die rakke verskyn het, het baie water in die see geloop en het Liz rugby van binne en buite leer ken. Vir The Springbok Factory het sy twee jaar lank onderhoude gevoer met spelers, afrigters, vroue, meisies, onderwysers, die Bokke se dokter en fioterapeut, selfs die borge. En ja, sy het ook in kleedkamers uitgehang . . .

Die uiteinde is ’n fassinerende verhaal. Lees 'n uittreksel uit The Springbok Factory in Huisgenoot van 29 Agustus.