Die 16de seisoen van die Emmy-bekroonde The Amazing Race begin Maandag  11 Maart om 20:00 op SABC3.

Daar’s weer uiteenlopende spanne wat meeding, soos paartjies, ouers, sibbe, vriende, modelle, prokureurs, speurders en selfs cowboys.

Die aanbieder, Phil Keoghan, gaan weer toesig hou terwyl die deelnemers amper 65 000 km oor vyf vastelande en deur agt lande reis. Dit sluit in Chili , Argentinië, Duitsland, Frankryk, Maleisië, Singapoer, China en die Seychelle.

Die spanne moet onder meer ’n toneel uit die Eerste Wêreldoorlog uitvoer en die vroeë dae van die rockgroep The Beatles naspoor.