Dink aan ’n oranje pampoen met ’n vreesaanjaende gesig en ’n flou kersliggie wat by sy oë flikker. Dink aan spinnekoppe en spoke, swart katte en slange. Alles wat jou bang maak en koue rillings gee terwyl jou nekhare rys . . .

Op 31 Oktober word Halloween gevier in onder meer Japan, Amerika, Ierland, Brasilië en Australië. Die datum is reeds in die agtste eeu ná Christus gevestig en dit was aanvanklik ’n tyd om afgestorwenes te onthou, soos heiliges (saints), martelaar (martyrs) en alle gelowige Christene.

Maar deesdae is dit ’n tyd om kostuums aan te trek en lekker partytjie te hou. Soms sal kinders gaan “trick or treat” vir lekkernye, en as die inwoners nie iets oorhandig nie, kry die huis dalk ’n eier teen die muur of word hulle ’n poets gebak.

Die refrein sal jy dalk in strate hoor: Trick or treat/ smell my feet/ give me something good to eat/ if you don’t/ I don’t care/ but beware!

Ons het aan ’n paar kostuumidees gedink.

Die Swart Kat. Almal was versot op die 80’s-televisiereeks oor Borrie Veldt wat die Swart Kat word en misdaad bekamp. Dink ore, ’n leeruitrusting, of net ’n balletkous as ’n masker.

[caption id="attachment_57216" align="aligncenter" width="600"]Foto: llamnudds Foto: llamnudds[/caption]

Tronkvoël. Dink strepieshemde, dalk boeie en ’n hoedjie op jou kop.

[caption id="attachment_57217" align="aligncenter" width="600"]Foto: texassurlymonkey Foto: texassurlymonkey[/caption]

Rekenaarvirus. Genoeg om enigiemand bang te maak. Dalk ’n ou sleutelbord met pleisters op, ’n ou rekenaarmuis of dalk net ’n swart plakkaat wat lees error.

[caption id="attachment_57218" align="aligncenter" width="361"]Foto: IntelFreePress Foto: IntelFreePress[/caption]

’n E-skyfie. Die e-tolstelsel is op ons en gaan binnekort toegepas word op Gautengse paaie. Wit en rooi strepies of padteken kan goed werk.

[caption id="attachment_57219" align="aligncenter" width="600"]Foto: MOEVIEW is Aaron Molina Foto: MOEVIEW is Aaron Molina[/caption]

’n Taxi. Wees kreatief met ’n kartonboks: Maak ’n paar duike daarin en teken vensters met angsbevange passasiers wat uitkyk.

[caption id="attachment_57221" align="aligncenter" width="600"]Foto: smee.bruce Foto: smee.bruce[/caption]

Rooikappie se wolf. Koop ’n goedkoop trui met ’n prentjie van ’n wolf op en selfs een van die wolfmussies wat deesdae gewild en orals beskikbaar is.

[caption id="attachment_57222" align="aligncenter" width="600"]Foto: tanguera75 Foto: tanguera75[/caption]

Seerower. Dink Kaptein Kurt: Kry ’n oogklap en maak dit jou eie. En kry dalk ’n speelgoedpapegaai vir jou skouer.

[caption id="attachment_57223" align="aligncenter" width="600"]Foto: allisonallison Foto: allisonallison[/caption]

Tokkelossie. Luister Hosh Tokolosh deur Gazelle en Jack Parow vir inspirasie.

[caption id="attachment_57224" align="aligncenter" width="470"]Foto: Exploding Aardvark Foto: Exploding Aardvark[/caption]

Die Antwoord. Yo-landi Vi$$er se goue broekie en ’n blonde pruik sal ’n treffer wees, of plak ’n paar tatoes op jou om soos Ninja te lyk.

[caption id="attachment_57225" align="aligncenter" width="600"]Foto: Exit Festival Foto: Exit Festival[/caption]

Deur Loren Pienaar (Twitter: @Loren_Pienaar)

Bron: Buzzfeed