Ek het dit verlede naweek gedoen en is steeds in ’n ligte beswyming (noem dit maar ’n koors) nadat Deon Meyer my geneem het na ’n wêreld waar die meeste mense deur ’n virus uitgewis is en niks is soos jy dit geken het nie. Willem Storm en sy seun, Nico, begin ’n nuwe gemeenskap by die Vanderkloofdam en stuk-stuk kom nog oorlewendes van die uithoeke van die land daar aan.

Gord jou vas vir skurke op motorfietse en in helikopters. En waar kry daardie helikopters brandstof wat nog vars genoeg is om te gebruik?

Gord jou maar in die algemeen vas vir maklik die wildste rit van jou lewe en een groot teleurstelling, naamlik dat die boek tot ’n einde kom!

– Lien Troskie