Ons dink: 4/5

2013

PS3

18

Kratos is terug vir nog ’n bloedige reis deur die wêreld van Romeinse mitologie. Dié keer kom jy te staan teen die Furies, wat saamgesweer het om die gode se heerskappy omver te werp. Die beproefde, betroubare speelervaring is dieselfde as die ses vorige God of War-peletjies, maar die algehele pakket is veel beter en fyner afgerond.

Maak jou reg vir kragmetings teen nuwe en ou vyande, uitdagende gevegte en taai raaisels. ’n Nuwe kenmerk is die veelspelerkomponent waarmee spelers gode kan skep en hul bloedlus op die internet kan uitleef.

– MUNEEB ADAMS

Op soek na ’n beter prys? KLIK op die mier. pricecheck-new