Mark Rober, wat voorheen by die agentskap se laboratorium vir straalaandrywing gewerk het, skil ’n waatlemoen af en sit die vrug dan weer in sy skil terug. Vir Mark se truuk het jy twee waatlemoene nodig.

Mark skraap die skil van die eerste waatlemoen met ‘n mes af en maak dit met ’n Scotch-Brite-skuurder glad. Dan sny hy die tweede waatlemoen middeldeur en hol dit uit sodat hy die afgeskilde waatlemoen in die twee groen helftes kan inpas.

As dit na te veel werk klink, sien jy dalk kans om sy waatlemoenskommel te maak deur net ’n gat in die waatlemoen te sny.