Die nuwe skooljaar het die afgelope week weer begin. Dit het baie volwassenes vol heimwee laat terugdink aan die jare toe hulle self met ’n haasbekkie op die skoolbanke gesit het.

Van ons plaaslike sterre vertel ook van hul eerste skooldag toentertyd.

Die sanger Bok van Blerk, wat onlangs pa geword het, het vandeesweek op Instagram ’n kostelike foto van sy eerste skooldag gedeel. “My eerste dag skool toe. Ek onthou nog hoe cool my BMX-tas was,” het hy by ’n foto geskryf waarop hy as jong laaitie ’n tas vashou wat amper die helfte van sy grootte is.

Haar eie dogtertjies, Katerien (3) en Elise (2), raak nou vinnig groot, maar kyk net hoe oulik was die nuwe Kwêla-aanbieder Minki van der Weshuizen met haar haasbekkie op haar eerste skooldag, in 1991.

Die model Cindy Nell meen die grootste geskenk aan ’n kind is herinnerings. Haar eie herinnerings gaan hand aan hand met haar skooldae.

A photo posted by Cindy Nell (@cindy_nell) on

Ons dink die sanger en Sterlopers-akeur Willem Botha het vandag nog daardie stoutseunglimlag wat hy in gr. 1 gehad het.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

Gaan ons saam met die Expresso-aanbieder Katlego Maboe terug skool toe kry ons ’n kiekie van ’n klein seuntjie wat enige moeder se hart laat vermurwe.
Kyk ’n mens terug na die Springbok Bryan Habana se skooldae, is dit duidelik na wie sy oulike tweejarige seuntjie, Timothy, lyk. Aardjie na sy vaartjie!

As die Vir die Voëls-aktrise Simoné Nortmann die tyd kon terugdraai na haar eerste skooldag in 1997, sou sy haar ma met die volgende woorde bemoedig het:

“Jou onpartydige klein introvert sal in ’n oogwink groei tot in ’n werkperd wat oorpresteer en jou soms in die verleentheid stel. Vee af jou trane en gaan drink ’n glas wyn,” het sy op Instagram laat hoor.