Tekening van ruimteman op maan

As jy nou nog nie weet Huisgenoot spog met ’n enorme ruimte-tentoonstelling in Sandton nie, woon jy waarskynlik self in die ruimte. En natuurlik vertel ons jou ook elke week van die fantastiese ruimte-tydskrif Reis Na die Ruimte wat ons by die uitstalling en in winkels verkoop (teen R40 en R45 onderskeidelik).

As jy al in een van bogenoemde belê het, sal jy sommer tjoeftjaf deur die lekker blokkiesraaisel hieronder draf. En as jy nie het nie, is ons jammer vir jou . . . maar gelukkig het ons ’n funksie bygevoeg waar jy wenk-letters of sommer die hele antwoord kan kry as jy vasbrand!

Net onder die blokraai verduidelik ons hoe jy te werk moet gaan om dit in te vul. Dis maklik en groot pret.

Let wel iPhone-gebruikers moet asseblief hul fone dwars draai om die blokraai mooi te kan sien.

Gaan so te werk

  • Die leidrade is in die twee kassies heel regs. Klik op die pyltjies wat boontoe en ondertoe wys om nog leidrade te sien.
  • Klik op die blokkie waar jy ’n letter wil invul en tik die letter.
  • Klik op die leidraad wat jy wil beantwoord en die eerste blokkie van die antwoord sal dadelik geel word.
  • Dit werk ook andersom: As jy op 'n blokkie klik, word sy leidraad rooi.
  • As jy vasbrand, kan jy op "reveal letter" klik om meer letters te sien, of op "reveal" om sommer die hele woord te sien. "Check" sal aandui of jy ’n verkeerde letter ingevul het.
  • As jy klaar is, kan jy op "submit" klik om te kyk hoe jy gevaar het.
  • Daar is ook ’n tydhouer - kyk of jy dit kan wen!