Jy het net een mens nodig om met een van die vreemdste uitdagings ooit na vore te kom, en voor jy jou oê uitvee gaan die wêreld daaroor gons. Veral as die mens ’n pa is en sy kind is betrokke.  

Patrick Quin van Life of Dad sit al grinnikend agter die jongste gier: die Cheerio-uitdaging.   Al wat jy nodig het, is hope Cheerios en jou slapende kind. En dan begin die pret in alleryl om uit te vind wie kan die meeste Cheerios op hul niksvermoedende kinders se koppe, neuse en lywe balanseer voordat hulle wakker word en pa se pret ruïneer.   Hier’s ’n paar van die skreeusnaakse oomblikke. Dit is egter onbekend of die kleingoed se ma’s net so veel genot uit die toertjie put. Patrick spog met die nege wat hy opgestapel kon kry.

"I managed 9. Let's go. No cheating. #CheerioChallenge" - Life of Dad user, @joenoak

A photo posted by Life of Dad (@lifeofdad) on

As jy arms ook kan insluit, is 18 haalbaar.

A photo posted by Life of Dad (@lifeofdad) on

Dié pa het dit as die beste uitdaging ooit bestempel.

A photo posted by Arvin Rodriguez (@hotroddog) on

Die oupa van hierdie oulike kleiding dink haar ouers is die wreedste ouers, maar deel die foto met ’n groot glimlag.

A photo posted by Richard Powell (@99shedhead) on

Die arme kleinding se pa bestempel dit as die beste 2016-gier.

A photo posted by Give Guys (@giveguys) on

Salig onbewus van wat op sy gesig aangaan.
Kan dit waar wees?

A photo posted by Joey Brady (@joey_brady) on

Bietjie meer as ’n oorvol as jy ons sou vra. . .

A photo posted by Oliver Hutton (@oliverhutton) on

Kyk net die oulike glimlag.

A photo posted by Dustin Hinds (@drhinds) on

Selfs die Lego-mannetjie het deurgeloop.

A photo posted by Life of Dad (@lifeofdad) on