Wat's dié? Visnetkouse, PVC-stewels, onderbaadjies en luiperdvelmotiewe?  En dit aan die lywe van die fabelagtig modieuse viertal van Sex and the City?

Toe maar, dis nie so erg soos wat dit lyk nie. Dié skreeubont tagtigsnommers hoef ons darem net in die begin van die tweede Sex and the City-fliek te verduur, waar ons sien hoe Carrie, Samantha, Miranda en Charlotte mekaar destyds ontmoet het.

En dat ons sulke toneeltjies hoegenaamd te sien kry voor die opvolgfliek begin draai, is omtrent klaar ’n wonderwerk.

Die vervaardigers was so verbete oor geheimhouding dat die akteurs, Sarah Jessica Parker, Kim Cattrall, Kristin Davis en Cynthia Nixon, moes instem tot boetes van letterlik miljoene dollars as hulle een woord oor die storie sou uitlap.

Dit alles het natuurlik net tot die afwagting bygedra.

Lees meer in die Huisgenoot van 27 Mei 2010

Op die internet:

http://www.sexandthecitymovie.com/