Jy kan maklik dink jy’s by ’n 7de Laan-reünie. Daar sien jy vir Nico Panagio, nogal by Anel Alexander.

En wag maar, Diaan Lawrenson en haar lewensmaat, Jody Abrahams, kom ook ’n draai maak.

En Sandra Vaughn. Maar hoekom is Paul du Toit dan ook hier? Hy’s mos eintlik van Binneland.

Al wemel dit van die sepiesterre, is dit g’n sepie wat voor jou oë afspeel nie, maar die nuwe rolprent Semi-soet, die eerste Afrikaanse romantiese komedie in jare.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die rak is, gesels ons met die sterre.