Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar se sterre is meestal voordelig, maar in die loop van die jaar gaan situasies opduik waarin daar groot verwarring en ’n bietjie vernedering sal wees. Dit sal nie jou skuld wees nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Hierdie mens sal goed vaar op ’n gebied waar hulle met die publiek te doen kry. Hulle sal goed vaar in die voorsiening van dinge vir alledaagse gebruik. Die sterre se stand lyk goed vir hulle om aan aktiwiteite soos bootvaart of swem deel te neem of in vloeistowwe handel te dryf.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die naweek lyk goed, maar dit lyk of daar geldbekommernisse kan wees. Dikwels bring sulke sterre effens hoër uitgawes mee as waarop jy gereken het. Dit kan tot vernedering lei.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy gaan ’n nuwe, berekende rigting vol selfvertroue inslaan. Gelukkig stem die kosmos met jou saam; daarom neem jy die regte besluit en beweeg jy in die regte rigting.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy is vandag omring deur goeie sterre, maar op ’n manier gaan ou koeie uit die sloot gegrawe en teen jou gebruik word. Jy hoop dit sal op ’n billike manier gedoen word – maar dis juis die vraag.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry iets wat jy wil hê. Dis ’n prestasie in die kleine, en aangesien dit oor die naweek gaan gebeur, skat ek dit hou nie verband met werk nie, maar met ’n stokperdjie of belangstelling. Dit is lekker wanneer jy jou doelwitte bereik.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets gaan gebeur of jy gaan iets doen wat iemand beïndruk en dan vir jou ’n klop op die skouer meebring. Dit is lekker, maar jy is ’n stil presteerder en geniet nie regtig jou kollegas se blyke van waardering nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre lyk goed vir reis. Vir baie Visse beteken dit slegs kontak met mense wat oorsee gaan reis of wat pas daarvandaan teruggekeer het. (Hulle sê Parys is dié tyd van die jaar lieflik . . .)

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is daar onverwagte uitgawes wat verband kan hou met die een of ander regeringsinstelling. Maak net seker die uitgawes is nie weens tipiese Ram-gedrag soos te vinnig ry en onwettig parkeer nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou doelwit is binne bereik, of so dink jy. Wees eerder seker voor jy begin ontspan; party struikelblokke kan versteek wees tot jy hulle teëkom – net waaksaamheid sal hulle betyds uitwys.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

As jy olik voel, kan jy deels die skuld op jou sterre pak. Wat jy gisteraand gedoen of nie gedoen het nie, het geen verskil gemaak nie. Wel, jy dink nie dit het ’n uitwerking nie, maar op party dinge is daar vertraagde reaksies.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre vir romanse lyk wonderlik. Selfs enkellopende Krewe sal goed vaar met hierdie sterre; tooi jou gerus op en gaan hou partytjie. Of hou jou eie as niemand jou nog genooi het nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring ’n einde aan iets. Dit is vir jou belangrik en dis goeie nuus, want jy wag al lank daarvoor sodat jy dit met ’n iets beters kan vervang. Dalk is dit ’n kombuistoestel.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het gedink ’n stil dag lê voor waartydens jy dalk ’n slapie gaan inkry en ’n bietjie televisie kyk, maar dit is nie wat die kosmos vir jou in gedagte het nie; vandag gaan jy bitter besig wees.