Hierdie roman sal jou met nuwe oë laat kyk na die lewe van die kommunis en aktivis Bram Fischer.

Die skrywer gebruik sy verbeelding om meer kleur te gee aan Fischer se verhaal: van sy kinderdae in Bloemfontein, sy besoek aan Rusland as ’n jong man, sy aktivisme teen die apartheidsregering en sy gevangenskap.

’n Mens kry meer insig in sy lewe en sy verhouding met sy vrou, Molly. Die liefdesverhaal is veral aangrypend en beskryf die opofferings wat die Fischer-gesin moes maak.

Dan is daar Fischer se twyfel oor sy eie oortuigings. Was alles wat hy moes prysgee die moeite werd?

’n Interessante element is die feit dat hy ’n “dromer” is.

Van kleins af droom hy van die toekoms en sien geeste. Verskillende spoke besoek hom, maar drie duik gereeld op: oudpres. Paul Kruger, die boere­kryger Jopie Fourie en Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner.

Die beskrywings van hierdie drome is te herhalend en raak irri­terend, veral later in die boek. Desondanks is dit ’n boeiende verhaal wat ’n mens laat wonder of jy as ’n wit Afrikaner ook dapper genoeg sou gewees het om teen die apartheidsregering te ba­klei.

– Petro-Anne Vlok